Sherman Firefly

Sherman Firefly

Sherman Firefly tydens die Ardenne-offensief, 1944
Tipe Hoofgevegstenk
Oorsprong Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Produksiegeskiedenis
Ontwerp 1943
Aantal gebou 2 100–2 200
Spesifikasie
Massa 335,3 ton
Lengte 5,89 m; 7,77 m algeheel
Wydte 2,64 m
Hoogte 2,7 m
Bemanning 4 (bevelvoerder, kanonnier, laaier/radio-operateur, drywer)

Pantser
89 mm (skiettoring voor)
Primêre
bewapening
QF-17-ponderkanon (76,2 mm) kanon, 77 projektiele
Sekondêre
bewapening
masjiengeweer bo-op gemonteer .50 in (12,7 mm) Browning M2-masjiengeweer (meestal nie gemonteer nie)
ko-aksiale .30 in (7,62 mm) Browning M1919-masjiengeweer, 5 000 patrone
Enjin Multibank of radiale enjin; petrol-enjin afhangende van die gebruikte onderstel
Enjinlewering 425 hp
Krag/massa 12 hp (9 kW) / ton
Suspensie Vertikale volute spiraalveer
Operasionele
bereik
120 myl (193 km)
Snelheid 20 mph (32 km/h) volgehou
25 mph (40 km/h) tydens militêre deurbrake[1]

Die Sherman Firefly was 'n hoofgevegstenk wat deur die Geallieerdes se pantsermagte, veral die Verenigde Koninkryk en ander lande van die Britse Ryk tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is. Die tenk is op die Amerikaanse M4 Shermantenk geskoei maar toegerus met 'n kragtiger 76,2 mm-kaliber Britse 17-pond-kanon en is gebruik in 'n antitenkrol. Dit is slegs uitgerol om 'n gaping te vul totdat ander Britse swaartenks beskikbaar sou wees, maar dit het die volopste artilleriestuk met 'n 76,2 mm-kanon in die oorlog geword.

Gedurende die oorlog het Brittanje hoofsaaklik die Shermantenk gebruik. Hulle het verwag om hulle eie tenks klaar te ontwikkel en te bou; die verwerpte idee om die Sherman met die 76,2 mm-kanon toe te rus is eindelik aanvaar, ten spyte van aanvanklike weerstand van die regering. Dié besluit blyk gou die regte besluit te wees omrede beide die Cruiser Mk VIII Challenger en Cruiser Mk VIII Cromwell-tenks ontwerp- en ontwikkelingsprobleme ondervind het.

Dit was 'n uitdaging om die groot 76,2 mm-kanon in die Sherman se skiettoring in te pas en verskeie probleme moes oorkom word, tog is die Firefly betyds in 1944 uitgerol sodat Veldmaarskalk Bernard Montgomery se 21ste Leërgroep dit kon gebruik tydens die landing in Normandië. Die Firefly se waarde is gou besef omrede sy kanon die pantser van die Duitse Panther en Tiger-tenks, wat hulle in Normandië teëgekom het, bykans ten alle tye kon deurdring.[2] Die gevolg was dat die Duitsers instruksies uitgereik het dat die Fireflys eerste aangeval moes word. Die Firefly se loop is langer as die standaard-Sherman s'n en die bemannings het probeer om met die kamofleertegnieke dit te laat lyk na 'n standaard-Shermantenk vanaf 'n afstand. Daar is tussen 2 100 en 2 200 eenhede van die tenk vervaardig toe produksie in 1945 gestaak is.

  1. Hunnicutt, R (1978). Sherman: A History of the American Medium Tank. San Rafeal: Taurus Enterprises. p. 550. ISBN 978-0-89141-080-5.
  2. Milner, Marc, (2014) Stopping the Panzers, University of Kansas Press, 1

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy